Sweef

R550.00

Description:           
Sweef deur dr. Leonie is ‘n geestelike reis oor 365 dagstukkies wat die metafore en vergelykings van die Woord soos brood oopbreek sodat dit in die leser se lewe ‘n werklikheid kan word en manifesteer. Hierdie boek klop warm van Sy liefde vir jou en dr. Leonie verwoord die daaglikse boodskappe op haar vrygees-manier soos baie haar deur verskeie konferensies sou leer ken het. Sweef neem die leser uit die alledaagse gejaag van die moderne lewe tot by die aangesig van ons Hemelse Vader.

Met vele stof tot nadenke in elke boodskap, kan die leser nie anders as om hom- of haarself voor ‘n spieël te plaas nie; en sodoende introspeksie te doen totdat die weerkaatsing nie meer in ‘n spieël nie, maar in Jesus se oë terug staar! Maak jouself oop vir die werking van die Heilige Gees wanneer jy hierdie boek op ‘n daaglikse basis bestudeer en oor die boodskap mediteer.

Die voorhangsel is reeds geskeur, maar gaan jy werklik opstaan en met ‘n vuur in jou hart deur daardie poort beweeg? Moenie meer kruip deur die lewe terwyl dit God se wil vir jou is om te SWEEF nie!

Out of stock

SKU: HDRLPBBA-1 Category:

Description

Geestelike dagstukboek

Additional information

Weight 0.890 kg
Dimensions 0.53 × 0.140 × 0.210 cm

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Wordpress Social Share Plugin powered by Ultimatelysocial