Dieper as die Hart

R220.00

Description:

Jy hou nie nou net ‘n boek in jou hande vas nie, maar VERBORGENHEDE VAN DIE HERE. Terwyl jy in God verborge is, wag die hele skepping in barensnood op jou openbaarmaking …

 

Jy lewe nie net om te bestaan nie, maar om die lewe in Christus (Wie LEWE IN OORVLOED is) te ontdek. Jy was in God se plan – dae wat reeds bepaal was toe geen lig nog geskyn het nie. Toe was jy reeds deel van Sy Lig wat hier op aarde moet skyn. Hy sal jou altyd NADER AAN HOM roep; DIEPER IN SY HEERLIKHEID TOT BINNE-IN SY HART.

 

Aan die begin sal hierdie vir jou ’n journey wees. Waar jy dalk enkeldiepte staan en net bestaan, maar jy sal soek na meer. Soos jy in die kniediepte kom, sal jou gebed jou nog dieper laat stap – tot in heupdiepte. Sy Heerlikheid sal Sy Liefde weerkaats en jy sal niks toelaat om te keer dat hierdie Heerlikheid oor jou bors spoel nie, want jy sal ‘n soeker na die stroom (waarvan Esegiël praat) word. Dan sal dit begin opstroom – ’n stroom om in te swem – en as jy dieper as jou hart gaan, dan sal jy die blare van die Boom van die Lewe smaak.

 

Jy sal bewe in die aandwindjie van Die Heilige Gees se aanraking terwyl Jesus voor die troon met jou dans in Hemelse plekke … Dis tyd om DIEPER AS JOU HART TE GAAN!

 

7 in stock

SKU: HDRLPBDADH Category:

Description

Geestelike dagstukboek

Additional information

Weight 0.890 kg
Dimensions 0.53 × 0.140 × 0.210 cm

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Wordpress Social Share Plugin powered by Ultimatelysocial