Francois Meyer

Wie is Francois Meyer?

Francois is ‘n skrywer, digter, dromer en entrepreneur. Hy het op 19-jarige ouderdom sy eerste digbundel, Tempora Animus (2013) vrygestel. Daarna het Onder die Dekmantel (2015), Digtershart (2016) en Pendulum (2017) gevolg.

In 2016 het Francois sy hand aan prosa gewaag en Die wêreld deur haar oë vrygestel. Dié boek vertel ‘n storie van ‘n vrou en haar stryd met lupus, ‘n outoïmmuunsiekte. Francois raak aan die impak van lupus op liggaamlike, geestelike en emosionele aspekte in hierdie boek wat hy ook as ‘n gids beskou. “Dit vertel my ma se verhaal en getuienis,” sê hy. In 2018 is ‘n splinternuwe uitgawe van hierdie boek vrygestel, saam met die Engelse weergawe, The world through her eyes.

Francois is ‘n selfstandige entrepreneur van beroep en grafiese ontwerp is naas kreatiewe skryfkuns ook een van sy grootste passies. Hy is die eienaar van die besigheid, Infinitum Projects.

Wat is Francois se passie?

Omrede al sy werk outobiografies van aard is, is dit sy grootste passie om ‘n boodskap van hoop aan elke leser oor te dra. Daardeur wil hy ook jong en opkomende skrywers en digters motiveer om nooit op te gee in dit waarin hul glo en graag wil bereik nie. Hy is lief vir sy taal en is ook ‘n trotse ambassadeur vir Afrikaans.com.

“As jou drome jou nie bang maak nie, dan droom jy nie groot genoeg nie!”

Registreer vir Francois se maandelikse nuusbrief!

My Produkte

“The world through her eyes by Francois Meyer is a recital of the lupus fighter’s reality. The exposition of the physiological and sociological factors is remarkable, but the chapters which make this book all the more striking, are the physiological and mental factors which emphasize the hopeful healing of the mind and soul.” ~ Dr JD Bester

This version includes:

  • Mixed connective tissue diseases
  • Updated advice
  • A handful of new chapters
  • Purple Mustard seed, a testimony
  • Prose from the previous version

“Die wêreld deur haar oë deur Francois Meyer is ‘n résumé van lupusvegters se realiteit. Die uiteensetting van fisiologiese en sosiologiese faktore is merkwaardig, maar die vertakkings wat hierdie boek des te meer treffend maak, is die sielkundige en geestelike faktore wat die hoopvolle genesing van die gees en siel beklemtoon.” ~ Dr. JD Bester

Hierdie weergawe sluit in:

  • Gemengde bindweefselsiektes
  • Opgedateerde advies
  • ’n Handvol nuwe hoofstukke
  • Pers Mosterdsaad, ‘n ware verhaal

• Prosa vanuit die vorige weergawe

X